Wesfrontvasbyt

AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige jongmense die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.

Die Wesfrontvasbyt se tema is die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899–1902 geduur het. Ons toer spesifiek na gebiede waar veldslae onder leiding van genls. De la Rey, De Wet en Cronjé plaasgevind het. Dit verskil van die Rebelspoorvasbyt omdat ons met dié toer van slagveld tot slagveld en stelling tot stelling stap om dit met aandag te verken.

Kom leer hoe ons generaals planne moes maak.

30 September tot 6 Oktober 2022

SKRYF NÓÚ IN

Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:

  • Rivierswem en koppies klim.
  • Deursoek die slagvelde vir ou koeëls en skrapnel.
  • Dans en kuier saam met mede-stappers.
  • Leer meer oor jou geskiedenis.

Toergids: Dr. Louis Bothma

  • Ek benodig asb vervoer vanaf Pretoria
  • Bankbesonderhede: FNB AfriForum NPC Takkode: 250655 Tjek 623 4989 8398 Verwysing: Jou naam + WESFRONT
    Accepted file types: jpg, jpeg, png, gif.
  • Bankbesonderhede: FNB AfriForum NPC Takkode: 250655 Tjek 623 4989 8398 Verwysing: Jou naam + WESFRONT
    Accepted file types: png, jpg, pdf, jpeg, Max. file size: 5 MB.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Boerspitus

Boerspitus is so oorspronklik soos die naam klink: Dit is ’n kombinasie van boeresport, spitbraai en cantus. Dié tradisie, wat die geleentheid skep vir studente en jongmense van regoor die land om jaarliks bymekaar te kom, is in 2016 deur AfriForum Jeug se Kovsies-tak geskep. Die idee spruit uit die afskaffing van “intervarsity” – ’n tradisie wat ná meer as 70 jaar deur die universiteitsbestuur van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus en die Universiteit van die Vrystaat afgeskaf is.

Boerspitus is ’n geleentheid om fees te vier in Afrikaans en te kuier in jou kultuur! Daar is twee kategorieë waarin jy as deel van ’n span kan deelneem:

  • Tersiêre instellings (universiteite, koshuise of kolleges); en
  • dorpe en/of stede.
  • Jy kan Boerspitus natuurlik ook as toeskouer bywoon!

Vanjaar se naweekprogram verloop soos volg:

Vrydag 14 Oktober:
19:30 vir 20:00 – Cantus

Saterdag 15 Oktober:
09:00 – Boeresport
13:00 – Rivierdryf
17:00 – Spitbraai
19:00 – Sokkie, prysuitdeling en kunstenaarsoptrede

Sondag 16 Oktober:
08:00 – Busse vertrek terug

Jy kan inskryf:

Daar is verskillende naweekpakkette om jou sak te pas. Klik hier (jeug@afriforum.co.za) vir meer inligting en om in te skryf.

Rebelspoorvasbyt

AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige jongmense die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.

AfriForum Jeug het in 2018 in samewerking met dr. Louis Bothma en saam met 28 studente en ondersteuningspersoneel die eerste Rebelspoorvasbyt van ongeveer 75 km te voet aangedurf. Dié geskiedenisstaptoer herdenk die Rebellie (Boereopstand) van 1914–1915 en strek vanaf Upington tot by die plaas Zwartmodder in die Wes-Kalahari. Van daar reis ons suidwes en hervat die roete vanaf Schuitdrif naby Nous in die Boesmanland tot net voor Upington by die Rebellieboom. Dié toer is spesiaal geskep om jongmense van die Rebellie van 1914–1915 te leer. Mense het op geen ander manier toegang tot hierdie roete nie buiten deur AfriForum Jeug en met dr. Louis Bothma as toergids.

Kom wees deel van hierdie unieke ervaring! Leer nuwe mense ken – en miskien ontdek jy ook jouself.

Koste: R1000 per persoon

Datum: 26 April tot 2 Mei 2023

Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:

  • Besoek die Rebellieboom, waar alles begin het.
  • Kuier en dans saam met die boeregemeenskap.
  • Swem in die rivier.
  • Slaap onder die sterre en versamel van voëlneste.

Toergids: Dr. Louis Bothma

Cantus

13 Mei 2023 | 18:00 | R75 per persoon

Plek: Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika – Philadelphia

Ingesluit: twee biere en twee jenewer-ystees per persoon

Kontantkroeg sal voor en ná die tyd beskikbaar wees.
Ná – Jy mag jou eie koelhouer saambring.

Bring ’n hoed, das, baadije en bierbeker saam.

Daar sal ná die tyd ’n sokkie wees.

Die eerste 100 persone wat RSVP kry ’n Cantus-balkie.

sop-en-sjerrie-sokkieaand

Datum: 10 Junie 2023

Tyd: 17:00 tot 00:00

Plek: Snowflake, Potchefstroom

* Aanlyn kaartjies kos R30 elk en sluit sop en sjerrie in.

* Kaartjies sal ook by die deur teen R50 elk te koop wees. (Beperkte sop sal egter beskikbaar wees.)

Jeugkongres

Geagte Takbestuurslid Dit is ’n voorreg om jou as deel van die span te hê. Dit is dus die rede hoekom ons jou so graag wil uitnooi na ons jaarlikse…
Lees meer Jeugkongres

Skuursokkie

Trek jou sokkies op! Saterdag 21 Oktober 2023 Waar: 4 Brothers, Van Greunen Boerdery BK, R404, George Prys: R190 (18 jaar en ouer ) R170 (17 jaar en jonger) Die…
Lees meer Skuursokkie

Jeuk jou voete?

Kom dans in Afrikaans! Bring jou vellies en kom ons sokkie ’n ding los. Mense wat kaartjies aanlyn koop ontvang ’n verwelkomingsjerrie en later die aand ’n worsbroodjie. (Kaartjies is…
Lees meer Jeuk jou voete?