Kampusse

AfriForum Jeug het strukture op die volgende kampusse:

  • CPUT (Wellington)
  • Kovsies
  • Maties
  • PUK
  • Sol-Tech
  • Tuks
  • Akademia

Wat bied ons vir jou op kampus?

  • Ons bied vir jou opleidingsgeleenthede wat jy op jou CV kan lys.
  • Ons verseker jou veiligheid op kampus. Tydens protesoptredes hou ons die universiteitsbestuur aanspreeklik en kan ons vinnig ons lede van kampus af ontruim. Boonop bied ons ook selfverdedigingsopleiding aan.
  • Ons veg vir die behoud van ’n gesonde studentelewe. Daarom nooi ons al ons lede na ons sosiale aksies, byvoorbeeld pot-en-pons- en bierpongaande wat onder meer deur die tak gereël word. Ons bied ook ons eie soort intervarsity aan: Boerspitus.
  • Ons staan op teen onregverdige diskriminasie in jou klasse en algeheel op kampus. Ons lede kan dus hul probleme onder ons aandag bring, en ons kyk hoe ons dié lede kan verteenwoordig. Akademiese of koshuisprobleme kan ook onder ons aandag gebring word.
  • Enige veranderings in universiteitsbeleide wat ons lede nadelig raak, sal beveg word aangesien ons as spreekbuis optree vir ons lede.
  • Ons bied verskeie geleenthede vir staptoere en persoonlik ontwikkeling.
  • Ons bied jou ’n veilige plek waar studente self standpunt kan inneem en vir hulself ’n toekoms kan bou.

Wil jy betrokke raak by een van ons kampusstrukture? Klik op “Sluit aan” of stuur ’n e-pos na jeug@afriforum.co.za.

Takke

Ons moedig jong werkende persone aan om by AfriForum Jeug se dorpstakke aan te sluit, wat as bymekaarkomplek vir jongmense dien. AfriForum Jeug voer ook veldtogte om skoolgaande kinders van hul regte in te lig en om gehalte-onderwys in hul moedertaal te bevorder.

Waarom behoort jy betrokke te raak?

  • Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir jou eie generasie, taal, geskiedenis en kultuur.
  • AfriForum Jeug is die snelgroeiendste Afrikanerjeugorganisasie.
  • Jy kan jouself ontwikkel deur betrokke te wees by ’n positiewe organisasie wat ’n kweekskool vir leierskap en uitnemendheid is.

Woon gereeld sosiale geleenthede, gesprekke en opleidingsessies by. Wees deel van proaktiewe aksies en veldtogte oor sake wat jou toekoms bepaal.

Limpopo

Marble Hall
Ellisras

Gauteng

Moot
Pretoria-Wes
Wes-Moot
Alberton/Germiston
Benoni
Bronkhorstspruit
Fochville
Kemptonpark
Krugersdorp

Mpumalanga

Secunda

Noordwes

Christana

Vrystaat

Reitz
Bloemfontein
Bothaville
Bultfontein

Kwazulu-natal

New Castle
Pongola

Oos-kaap

Port Elizabeth

Noord-kaap

Orania
Kimberley
Kuruman

Wes-kaap

Langebaan/Weskus
Matzikama
Mosselbaai
Oudtshoorn
Stilbaai
George
Helderberg
Kaapstad-Noord

KampustakKE

Maties
Pukke
Tuks
Akademia
Bo-Karoo Orania
De Goede Hoop
Kovsies

Raak SÓ betrokke

Word ’n gratis AfriForum Jeug-lid

"*" indicates required fields

Naam en van*

Word ’n betalende AfriForum Jeug-lid

Sluit aan

* Vir enige hulp of navrae, kontak asseblief jeug@afriforum.co.za.