| DeurAfriForum

WESFRONTVASBYT: 15 September tot 21 September 2023

Besprekings maak 8 Augustus 2023 oop en sluit 1 September 2023

jeug@afriforum.co.za/081 216 9996

“Die geskiedenis sê dit is ons grond” – Dr. Louis Bothma

Die Wesfrontvasbyt is AfriForum Jeug se leierskap- en geskiedenisstaptoer. Die doel van hierdie toer is om jongmense van 18 tot 30 meer te leer oor hul geskiedenis en hulle die kans te bied om samehorigheid tussen mede-Afrikaners te geniet sodat hulle gemotiveerd terugkeer om ’n verskil te gaan maak in hul onderskeie gemeenskappe.

TEMA

Die Wesfrontvasbyt het ’n ander tema: die Tweede Vryheidsoorlog wat geduur het vanaf 1899–1902. Ons toer spesifiek na die plekke waar veldslae onder leiding van Genl. de la Rey plaasgevind het.

DATUM

Die toer vind plaas vanaf 15 September tot 21 September 2023 in ’n gedeelte van die Vrystaat. (Volledige roete sal nader aan die tyd deurgegee word.) Die bymekaarkomplek is Bloemfontein. (Die presiese ligging sal nader aan die tyd bevestig word.) 15 September is ’n reisdag na en vanaf Bloemfontein en 16 tot 20 September is ons stapdae.

TOERGIDS

Ons toergids is dr. Louis Bothma, ’n historikus en geskiedskrywer van Bloemfontein wat al baie navorsing oor hierdie temas gedoen het en ook twee boeke, Rebelspoor en Punt van die Swaard daaroor geskryf het.

KOSTES

Die vooruitbetaalbare koste per persoon, saam met jou vrywaringsvorm, verseker jou plek op die toer. Die koste vir die toer beloop R1 000 en sluit die volgende in: toergids, drie aandetes, koffie en beskuit vir die oggende, ’n aandenking, ondersteuningsvoertuie na slagvelde, en drinkwater.

Dit sluit nie middagetes in nie. Middagetes moet gerieflik en vinnig wees om te eet soos droë vrugte, biltong en neute.

BANKBESONDERHEDE

Naam: AfriForum NPC

Bank: FNB

Rekeningnommer: 623 4989 8398

Takkode: 261 550

Verwysing: WESFRONT + jou naam

Navrae: Stuur jou bewys van betaling en voltooide vrywaringsvorm na jeug@afriforum.co.za.

Party mense maak geskiedenis, ander maak skande. Wat gaan jy maak? – Dr. L.J. Bothma

KONTAKBESONDERHEDE

Petri van der Walt – 081 216 9996 of petri.vanderwalt@afriforum.co.za

As jy meer oor jou geskiedenis wil leer en by oplossings vir die toekoms betrokke wil raak, moet jy nie hierdie toer misloop nie!

Die inskrywings vir Wesfrontvasbyt het gesluit.