Trap-vir-jou-toekoms
| DeurAfriForum

Trap vir jou toekoms

18 Augustus 20:00 – 19 Augustus 08:00 op die Sol-Tech-werf

AfriForum Jeug se Pretoria-tak in samewerking met AfriForum Sport hou ’n fietsry-uitdaging! Vir 12 uur sal jy en jou span mekaar aflos en sodoende ander instansies uitdaag om geld in te samel vir jou instansie. Slegs kapteine skryf hul span in en registreer elke fietsryer – een inskrywing per span! ’n Minimum van 10 lede per span is toelaatbaar.

Die reëls vir die uitdaging werk as volg:
Tydens die uitdaging moet daar te alle tye iemand van jou span op die fiets wees. Daar sal ook elke twee ure ’n tema wees soos byvoorbeeld: Eg Afrikaans, Trots Afrikaans, Helder in Afrikaans en Artikuleer in Afrikaans. Bring ondersteuners en jou spangees saam want daar is ’n geesbeker en groot pryse op die spel. Finale kommunikasie sal ’n week voor die uitdaging aan die spankaptein uitgestuur word.

Daar is kontantpryse vir elke kategoriewenner.

Spanne word aangemoedig om eie borge te verkry wat jou span per km sal borg.

Betaling van deposito:

Betaal asseblief jou span se deposito aan:
Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Trap Voorletter en Van

"*" indicates required fields

Please enter a number from 10 to 50.
Spankaptein
Naam en van*
Spanlede
Lede
Naam
Van
E-posadres
 
Accepted file types: jpg, png, pdf, Max. file size: 10 MB.