Internskap

AfriForum Jeug se takbestuurlede kan elke jaar aansoek doen om ’n 10-dag-internskap in die Junie-/Julievakansie by AfriForum te voltooi. Die doel van dié internskap is tweeledig: 1) Om ons takbestuurlede toe te rus om hul takke beter te bestuur, en 2) om dié lede ’n voorsprong te gee indien hul sou beplan om ’n loopbaan by AfriForum te begin.

In ’n neutedop behels die internskap:

  • die uitvoer van aksies wat met AfriForum verband hou;
  • takbesoeke saam met provinsiale koördineerders;
  • projekbeplanning;
  • gesprekke oor tersaaklike kwessies;
  • skaduwerk in die verskillende AfriForum-afdelings;
  • persoonlike ontwikkeling;
  • erfenisbewaring; en
  • aandgeleenthede soos cantus, braaivleisparlement en ander sosiale funksies.

Aan die einde van die program kan een of twee interns aangewys word om ’n jaarlange internskap by AfriForum te voltooi.

Stuur asseblief ’n Afrikaanse weergawe van jou CV na jeug@afriforum.co.za indien jy belangstel.

AfriForum Jeug-takbestuurlede geniet voorkeur. Raak sommer nóú betrokke.

Jeugkongres

Takbestuuropleiding vind plaas in die vorm van ’n jeugkongres wat aan die begin van elke jaar gehou word. AfriForum Jeug se nasionale uitvoerende bestuur, takbestuurlede en lede wat op portefeuljekomitees dien, woon dié kongres by. Opleiding fokus op die bestuur van spesifieke portefeuljes, woordvoerdervaardighede en AfriForum Jeug se nasionale strategie en beplanning ten opsigte van veldtogte, ledewerwing en fondsinsamelings.

Persone wat by AfriForum Jeug-aksies betrokke is, word hoog op die keuringlys geplaas vir aanstellings by AfriForum en ander instansies van die Solidariteit Beweging. Bykans 100 AfriForum Jeug-lede is steeds aktief by takbesture betrokke om ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

Wil jy ook op een van ons landswye takbesture dien? Vertel ons waar jy betrokke wil raak.

BEMAGTIG JOUSELF OM DIE SIKLUS TE BREEK: NEEM STANDPUNT IN TEEN MIDDELMISBRUIK.

  • BEMAGTIG JOUSELF OM DIE SIKLUS TE BREEK: NEEM STANDPUNT IN TEEN MIDDELMISBRUIK.

    Elke nuwe dag is nog ’n kans om jou lewe te verander.

    Die impak van dwelmmisbruik op jongmense kan vernietigend wees, nie net op hul fisiese en geestelike gesondheid nie, maar ook op hul verhoudings en toekomsvooruitsigte. Dit is van kardinale belang dat hulle toegerus is met die nodige vaardighede om sulke situasies veilig en effektief te hanteer.

    Hierdie aksie het ten doel om die jeug te bemagtig deur hulle van die nodige vaardighede te voorsien om ’n veiligheidsplan te skep om situasies te hanteer waar hulle of hul geliefdes onder die invloed van dwelms of alkohol is. Deur hulle ingelig te hou oor die risiko’s van dwelm- en alkoholmisbruik, hanteringsvaardighede aan te leer, ’n ondersteunende omgewing vir bespreking te skep en leiding oor veiligheidsbeplanning te verskaf, hoop ons om die jeug toe te rus met die gereedskap wat hulle nodig het om uitdagende situasies te hanteer.

    Daar gaan verskeie kundiges wees wat die jeug dié dag gaan toespreek en al die nodige praktiese vaardighede vir hulle sal aanleer om moeilike situasie te hanteer. Jy gaan nie hierdie geleentheid wil misloop nie.

    Datum: 13 Mei 2023

    Tyd: 09:00–10:30

    Venue: Koshuis@Leriba – Bosvysaal

    Verversings sal voorsien word.

    Hierdie sessie is gratis.

    RSVP hier:

"*" indicates required fields

Naam en Van**
Deur hierdie vorm in te vul, stem ek daartoe in dat AfriForum my data mag verwerk, stoor en gebruik.*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.