17_Unisa_Architecture
| DeurAfriForum

Unisa onder administrasie: AfriForum Jeug is gereed om in die belang van studente op te tree

AfriForum Jeug is gereed om ondersteuning aan Unisa-studente te bied indien hulle regte geskend word wanneer dié instelling onder administrasie geplaas word. Die jeugorganisasie neem kennis van die verslag wat in opdrag van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) gedoen is wat voorstel dat Unisa onder administrasie geplaas word.

Blade Nzimande, minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, moet nou hieroor besluit. AfriForum Jeug sal die verwikkelinge fyn dophou en ondersoek instel indien studente se regte deur die proses geskend word.

“AfriForum Jeug ontvang al vir jare talle klagtes van Unisa-studente oor die instelling se gebrek aan dienslewering en is dus bewus van die instelling se ernstige administratiewe probleme. Dit bly egter ’n gevaarlike presedent wat geskep word wanneer die staat by hoëronderwysinstellings ingryp. AfriForum Jeug sal intree indien studente se regte geskend word en eis dat die publiek ingelig word oor die aanspreeklikheid van die individue wat daaraan skuldig is om ’n eens internasionaal erkende universiteit tot dié vlak af te breek,” sluit René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug, af.