AfriForum Jeug hou referendum oor naamsveranderings in Potchefstroom

AfriForum Jeug gaan vanaand ‘n referendum in Potchefstroom hou oor die geweldige veranderings van straatname in dié dorp. Die referendum gaan pertinent in Steve Biko straat (voorheen bekend as Tomstraat) gehou word. Inwoners en besighede van hierdie straat gaan aandui watter een van die bogenoemde twee name hulle verkies. 

Tanya Kruger, student en woordvoerder van AfriForum Jeug in Potchefstroom, het gesê dat Tomstraat ‘n baie prominente straat in die dorp is en dat die naamsveranderings in die dorp geweldige implikasies inhou. “Afgesien van die feit dat dit duisende rande uit die sakke van die munisipaliteit, inwoners en besighede jaag skep dit verwarring onder die inwoners en besoekers aan die dorp.”

Kruger het gesê sy verwag dat die meerderheid gaan stem vir die oorspronklike naam. Indien die uitslag van die referendum aandui dat die meerderheid van die inwoners en besighede nie tevrede is met die naamsverandering nie sal AfriForum Jeug se tak in Potchefstroom begin met ‘n veldtog teen die munisipaliteit om die naamsveranderings teë te staan.

Die uitslag van die referendum sal te gelegener tyd bekend gemaak word