Skip to content
		
	
		
	
		
						
					
			
	
		
	

Waarom moet ek my kruisie trek tydens die studenteraadverkiesing?
ʼn Bevoegde studenteraad (SR):
 
- Kommunikeer met studente en is bewus van die jongste verwikkelinge;
 
- Spreek klagtes aan wat van studente ontvang word;
 
- Vermy politieke paaiery en doen wat werklik in belang van studente is;
 
- Verhoed dat ʼn klein groepie anargiste namens alle studente praat;
 
- Neem studente se menings in ag tydens besluitneming en steun nie slegs op hul eie opinie nie;
 
- Laat hulle nie deur die bestuur voorskryf nie;
 
- Probeer om studente gelukkig te hou, nie die bestuur nie;
 
- Praat namens jou by die raad en senaat;
 
- Huiwer nie om die howe te nader ten einde studente se regte te beskerm nie.
 
Stem vir ʼn studenteraad (SR) indien jy keelvol is vir:
 
- Geweld op kampus;
 
- ʼn Klein groepie anargiste wat kwansuis namens jou praat;
 
- ʼn SR wat nie na studente luister nie;
 
- ʼn SR wat niks rondom studente se klagtes doen nie;
 
- ʼn SR wat besluite neem sonder om studente se menings in ag te neem;
 
- ʼn SR wat slegs probeer om politieke partye gelukkig te hou;
 
- ʼn SR wat meer daarin belangstel om die bestuur gelukkig te hou as studente;
 
- ʼn SR wat nie namens studente optree nie, maar hulle deur die bestuur laat voorskryf;
 
- ʼn SR wat te bang en geïsoleerd is om die howe te nader indien dit nodig sou wees;
 
- ʼn SR wat swig voor intimidasie.
 
Jongste nuus rakende die SR-verkiesing:
 
AfriForum Jeug ondersteun die volgende kandidate:
 
 
 
	 
			 
					 
			 
 
	
	
Kontakbesonderhede
- jeug@afriforum.co.za
 
- 086 10 200 30
 
- Unionlaan 58, Kloofsig,
Centurion