Keer-dat-dit-met-die-Arkie-gebeur

Keer dat dit met die Arkie gebeur!

Dit is algemene kennis vir die inwoners van Upington dat die ontspanningsgeriewe wat deur die munisipaliteit bestuur word óf buite werking óf in so toestand is dat niemand dit wil gebruik nie, byvoorbeeld Blou Dakke en die Eiland.

Sakkie Spangenberg staar nou weer ’n uitsettingsbevel in die gesig nadat die Appèlhof van Suid-Afrika in sy guns beslis het om die besluit van die munisipaliteit om Erf 15747 Olivierpark, waarvandaan Sakkie se Arkie bedryf word, aan die Upington Hotel te verkoop, tersyde te stel.

Die hof het bevind:

  • dat die munisipaliteit gefouteer het toe hul bevind het dat Upington Hotel aan die tendervoorwaardes voldoen het, en
  • dat die munisipaliteit nie voldoen het aan Artikel 14 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur om tydens ‘n raadsvergadering, wat oop was vir die publiek, die markwaarde van die perseel vas te stel en dit op te weeg teen die ekonomiese en gemeenskapsbelang van die perseel nie.

Hiermee versoek ons die munisipaliteit:

  • om in belang van die gemeenskap van Upington die perseel aan mnr Sakkie Spangenberg te verkoop by wyse van privaat onderhandelinge.
  • Indien dit nie realiseer nie moet die perseel weer op openbare tender uitgesit word en die publiek na ’n ope raadsvergadering genooi word.

Teken die petisie!

(Om die brief te sien wat gestuur word, klik hier.)

Meningspeiling: Keuring vir mediese studies

"*" indicates required fields

Student of ouer*
Naam en van*


Het jy aansoek gedoen om MBChB te studeer?*
Het jy aansoek gedoen om ’n mediese rigting te studeer?*
In watter provinsie het jy gematrikuleer?*