AfriForum Jeug eis dat openbare universiteite kontakklasse hervat
AfriForum Jeug het vandag βn formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan al 25 openbare universiteite in die land gestuur om vas te stel wat hulle aangepaste beleid oor kampus-gebaseerde onderrig en aktiwiteite is.
Dit volg nadat talle universiteite tydens die COVID-19 pandemie kampus-gebaseerde onderrig met aanlyn onderrig vervang het en steeds daarmee voortgaan. Dit ten spyte van die feit dat kontakklasse nie meer βn risiko vir studente inhou nie. AfriForum Jeug gaan egter nie aanlyn onderrig as die nuwe normaal aanvaar nie en eis dat universiteite kontakklasse ten volle hervat.
βStudente van regoor die land betaal vir kontakklasse en gehalteonderrig, maar hulle ontvang nou βn afgewaterde weergawe van hul kurrikulum, wat ontwikkel en geakkrediteer is vir kampus-gebaseerde onderrig,β sΓͺ RenΓ© van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.
Die ontevredenheid oor die gehalte van aanlyn klasse is onder AfriForum Jeug se aandag gebring toe talle klagtes van studente en ouers, van verskeie universiteite, ontvang is. Daar is verder ook βn besnoeiing van kostes vir universiteite wat hulle kampus-gebaseerde onderrig met aanlyn onderrig vervang, maar daar is geen finansiΓ«le verligting vir studente en ouers gebied nie.
βHoewel afstandsonderrig βn goeie alternatief was in βn tyd toe COVID-19 in ons midde was, bied hierdie vorm van onderrig baie uitdagings vir studente en hul ouers. DiΓ© uitdagings kan nou uit die weg geruim word met die terugkeer na kontakklasse,β sΓͺ Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug.
AfriForum Jeug wil studente aanmoedig om hul aanlyn petisie te teken om druk op universiteite te plaas om kontakklasse te hervat.

