Studente van regoor die land betaal vir kontakklasse en gehalteonderrig, maar hulle ontvang nou ’n afgewaterde weergawe van hul kurrikulum, wat ontwikkel en geakkrediteer is vir kontak onderrig.

Die ontevredenheid oor die gehalte van aanlyn klasse is onder AfriForum Jeug se aandag gebring deur studente van verskeie universiteite en hul ouers. Daar is verder ook ’n besnoeiing van kostes vir universiteite wat hulle kampus-gebaseerde onderrig met aanlyn onderrig vervang, sonder dat daar enige finansiële verligting vir studente en ouers gebied word.

Hoewel afstandsonderrig ’n goeie alternatief was in ’n tyd toe Covid-19 in ons midde was, bied hierdie vorm van onderrig baie uitdagings vir studente en hul ouers. Dié uitdagings kan nou uit die weg geruim word met die terugkeer na kontakklasse.

Teken AfriForum Jeug se petisie om druk op universiteite te plaas om kontakklasse te hervat.

Voeg jou naam hierby:

Naam en van*
Deur hierdie vorm in te vul stem ek daartoe in dat AfriForum my data mag verwerk, stoor en gebruik.**

Neem ’n video van die frustrasies wat jy ervaar met aanlyn klasse met die hutsmerk#LasAanlynKlas en ”tag” AfriForum Jeug op sosiale media.