Kampusse
AfriForum Jeug het strukture op die volgende kampusse:
- CPUT (Wellington)
- Kovsies
- Maties
- PUK
- Sol-Tech
- Tuks
- Akademia
Wat bied ons vir jou op kampus?
- Ons bied vir jou opleidingsgeleenthede wat jy op jou CV kan lys.
- Ons verseker jou veiligheid op kampus. Tydens protesoptredes hou ons die universiteitsbestuur aanspreeklik en kan ons vinnig ons lede van kampus af ontruim. Boonop bied ons ook selfverdedigingsopleiding aan.
- Ons veg vir die behoud van ’n gesonde studentelewe. Daarom nooi ons al ons lede na ons sosiale aksies, byvoorbeeld pot-en-pons- en bierpongaande wat onder meer deur die tak gereël word. Ons bied ook ons eie soort intervarsity aan: Boerspitus.
- Ons staan op teen onregverdige diskriminasie in jou klasse en algeheel op kampus. Ons lede kan dus hul probleme onder ons aandag bring, en ons kyk hoe ons dié lede kan verteenwoordig. Akademiese of koshuisprobleme kan ook onder ons aandag gebring word.
- Enige veranderings in universiteitsbeleide wat ons lede nadelig raak, sal beveg word aangesien ons as spreekbuis optree vir ons lede.
- Ons bied verskeie geleenthede vir staptoere en persoonlik ontwikkeling.
- Ons bied jou ’n veilige plek waar studente self standpunt kan inneem en vir hulself ’n toekoms kan bou.
Wil jy betrokke raak by een van ons kampusstrukture? Klik op “Sluit aan” of stuur ’n e-pos na jeug@afriforum.co.za.
Takke
Ons moedig jong werkende persone aan om by AfriForum Jeug se dorpstakke aan te sluit, wat as bymekaarkomplek vir jongmense dien. AfriForum Jeug voer ook veldtogte om skoolgaande kinders van hul regte in te lig en om gehalte-onderwys in hul moedertaal te bevorder.
Waarom behoort jy betrokke te raak?
- Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir jou eie generasie, taal, geskiedenis en kultuur.
- AfriForum Jeug is die snelgroeiendste Afrikanerjeugorganisasie.
- Jy kan jouself ontwikkel deur betrokke te wees by ’n positiewe organisasie wat ’n kweekskool vir leierskap en uitnemendheid is.
Woon gereeld sosiale geleenthede, gesprekke en opleidingsessies by. Wees deel van proaktiewe aksies en veldtogte oor sake wat jou toekoms bepaal.
Limpopo
Gauteng
Mpumalanga
Noordwes
Vrystaat
Kwazulu-natal
Oos-kaap
Noord-kaap
Wes-kaap
KampustakKE
Raak SÓ betrokke
Word ’n gratis AfriForum Jeug-lid
"*" indicates required fields
Word ’n betalende AfriForum Jeug-lid
* Vir enige hulp of navrae, kontak asseblief jeug@afriforum.co.za.