Oudpresident-MT-Steyn-se-standbeeld-voor-die-hoofgebou-op-die-Kovsie-kampus-1-e1446646656193

Kovsie-studente neem standpunt in teen verwydering van standbeelde

AfriForum Jeug is verheug oor studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se inisiatief om die standbeelde van oudpresidente CR Swart en MT Steyn op dié kampus te behou. Studente het gister plakkate om die standbeeld van oudpresident MT Steyn gehang wat soos volg lees: “Ek het geveg teen kolonialisme, hoekom wil jy my verwyder?” Die teks wat op die plakkate verskyn, is ook na Engels vertaal.   

“Dit is vir ons goed om te sien dat studente self inisiatief neem om hulle erfenis te beskerm teen die aanvalle van ʼn groep radikales wat dit duidelik wil maak dat Afrikaans en enigiets Afrikaner nie welkom op kampus is nie,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

Die visekanselier en rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, het verlede week aangekondig dat die universiteit ʼn proses van stapel gaan stuur om bogenoemde standbeelde van die Kovsie-kampus te verwyder.

“Ons ondersteun die studente se inisiatief volkome en moedig ander studente aan om by hulle aan te sluit in die geveg om Afrikaner-kultuur te bewaar. In hierdie stadium word universiteitsbestuur aan die neus rondgelei deur ʼn radikale groep studente wat ʼn politiese agenda dryf,” het Dupper bygevoeg.

Raak betrokke by AfriForum Jeug se Kovsie-tak om jou erfenis te help bewaar en jou stem te laat hoor. Gaan sluit aan op die webtuiste by www.afriforumjeug.co.za.

Oudpresident MT Steyn se standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus (1) Oudpresident MT Steyn se standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus (2) Oudpresident MT Steyn se standbeeld voor die hoofgebou op die Kovsie-kampus (3)