Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

AfriForum Jeug oorhandig petisie aan Sanral om studente vry te stel van e-tol

deur in Mediaverklarings Witwarm op 13 March, 2014

Verteenwoordigers van AfriForum Jeug se nasionale bestuur het vandag dokumentasie tesame met petisies wat deur meer as 2500 studente gedurende die afgelope 30 dae geteken is aan Sanral se woordvoerder, Vusi Mona, oorhandig. Die oorhandiging kom nadat AfriForum Jeug ‘n veldtog van stapel gestuur het om studente vry te stel van e-tol.

“Ons is baie tevrede met die verloop van die veldtog. Mnr. Mona het onderneem om ons versoek aan die minister voor te lê en belowe dat ons binne die volgende maand terugvoer sal ontvang,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug voer aan dat studente vrygestel moet word van e-tol vir die volgende redes:

  • Studente verdien nie ‘n vaste inkomste nie.
  • Indien studente wel deur middel van afloswerke ‘n inkomste verdien, is dit uiters wisselvallig.
  • Die inkomste is so laag, dit is onder die belastingdrempel.
  • Talle studente kan slegs studeer met studiebeurse wat hulle ten duurste moet afbetaal, hulle het geen geld vir ekstra uitgawes nie.
  • Talle studente maak gebruik van saamrygeleenthede, net soos taxi’s, om die koste van vervoer te bespaar.

AfriForum Jeug het die volgende aangevra:

  • Alle geregistreerde voltydse studente wat ‘n motorvoertuig besit, d.w.s in sy of haar naam het, moet vrygestel word van e-tol.
  • Alle voertuie wat deur ouers aan ’n geregistreerde voltydse student verskaf is, en waarvoor die ouers kan bewys dat die student die voltydse bestuurder van die voertuig is, moet vrygestel word.

“Ons moedig steeds studente aan om aanlyn ons petisie te teken en sodoende die saak te versterk. Ons tree op namens alle studente in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat wat deur e-tol geraak word,” het Maree gesê.

AfriForum Jeug vra Sanral om studente van e-tol vry te stel

AfriForum Jeug vra Sanral om studente van e-tol vry te stel