AfriForum Jeug-kongres

GALERY

Takbestuuropleiding vind plaas in die vorm van ’n jeugkongres wat aan die begin van elke jaar gehou word. AfriForum Jeug se nasionale uitvoerende bestuur, takbestuurlede en lede wat op portefeuljekomitees dien, woon dié kongres by. Opleiding fokus op die bestuur van spesifieke portefeuljes, woordvoerdervaardighede en AfriForum Jeug se nasionale strategie en beplanning ten opsigte van veldtogte, ledewerwing en fondsinsamelings.

Persone wat by AfriForum Jeug-aksies betrokke is, word hoog op die keuringlys geplaas vir aanstellings by AfriForum en ander instansies van die Solidariteit Beweging. Bykans 100 AfriForum Jeug-lede is steeds aktief by takbesture betrokke om ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

Wil jy ook op een van ons landswye takbesture dien? Vertel ons waar jy betrokke wil raak.