|

AfriForum Jeug verf padmerke oor voor Hoërskool Rustenburg

Die padmerke in die straat voor die Hoërskool Rustenburg spog nou met ’n vars, nuwe laag verf nadat AfriForum Jeug se Rustenburg-tak, in samewerking met lede van AfriForum Jeug se Brits-tak en die AfriForum-tak in Rustenburg se buurtspan, die onduidelike merke op 11 April oorgeverf het.

Drie voetoorgange en die padmerke by die kruising van Kock- en Von Wielligh-straat is oorgeverf om die sigbaarheid van die merke voor die skool te verbeter en sodoende ’n veiliger omgewing vir padgebruikers te skep. Die lede het ook tydens die verf-projek pamflette uitgedeel om die AfriForum-tak in Rustenburg se herwinningsdiens te bemark.

“Ons glo dat klein aksies ’n reuse-impak kan maak. Buiten dat die oorgeverfde padmerke veiligheid bevorder, vertoon die omgewing ook nou netjieser,” sê Juan Ferreira, voorsitter van AfriForum Jeug se Rustenburg-tak.

AfriForum Jeug se Rustenburg-tak bedank gemeenskapslede wat die projek ondersteun het.