tingey-injury-law-firm-yCdPU73kGSc-unsplash
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug gaan klagtes teen Pierre de Vos indien ná sy kinderpornografieskandaal op sosiale media

AfriForum Jeug is besig om ’n strafregtelike klagte teen Pierre de Vos voor te berei nadat hy blykbaar kinderpornografie op sy Twitter-profiel gedeel het.

Die jeugorganisasie gaan klagtes teen De Vos by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) indien in ooreenstemming met afdeling 19A(4) van die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wysigingswet (32 van 2007), asook die bepaling teen die verspreiding van kinderpornografie in die Film en Publikasie Wet (65 van 1996, soos gewysig).

In die plasing wat De Vos op 11 September, rondom 17:00, “retweet” het kon daar gesien word hoe ’n jong seun seksueel misbruik word deur ’n volwasse man.

“Dit gaan my verstand te bowe dat iemand hulself skuldig kan maak aan sulke gruweldade. Wat nog meer is: dat hulle dit op ’n publieke platform deel, die skande probeer uitvee en skotvry daarmee wegkom. Dít terwyl mensehandel, wat direk verband hou met hierdie tipe seksuele misdryf, juis in Suid-Afrika ’n dreigende kwessie is,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug het daarom ook ’n brief aan die Universiteit van Kaapstad (UK) gestuur om te eis dat daar dissiplinêre stappe teen Pierre de Vos, wat deel van die bestuur van die UK is, geneem moet word. Die jeugorganisasie is van mening dat ’n persoon wat hom skuldig maak aan só ’n wandaad nie ’n posisie as ’n mentor van jongmense kan inneem nie. Die vernaamste instelling behoort sterk op te tree teen sulke skandelike optrede deur een van hulle verteenwoordigers.

Verder behoort kinders van seksuele mishandeling beskerm te word terwyl die geval van ’n prominente figuur wat kinderpornografie op sosiale media versprei, ’n sterk verwronge boodskap uitstuur. Die jeugorganisasie het in hierdie verband ook opgetree en De Vos by Twitter aangemeld vir die onvanpaste inhoud wat hy gedeel het.

“Die feit dat die oorspronklike plasing op 9 Desember 2021 gemaak is dui daarop dat De Vos vir hierdie tipe inhoud moes gesoek het voor hy die fout gemaak het om dit op sy profiel te deel. Ons kan nie toelaat dat hierdie voorval ongesiens verby gaan en die presedent skep dat dit aanvaarbaar is nie,” sluit Van der Vyver af.