Untitled design (9)
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug dien klagtes teen Pierre de Vos in ná sy kinderpornografieskandaal op sosiale media

AfriForum Jeug het vandag strafregtelike klagtes teen Pierre de Vos by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien nadat daar kinderpornografie op sy Twitter-profiel geplaas is.

In die plasing wat op 11 September op De Vos se profiel verskyn het, kon daar gesien word hoe ’n jong seun seksueel misbruik word deur ’n volwasse man. Die klag wat die jeugorganisasie vandag ingedien het, is ingevolge afdeling 19A(4) van die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wysigingswet (32 van 2007), asook die bepaling teen die verspreiding van kinderpornografie in die Film en Publikasie Wet (65 van 1996, soos gewysig).

“Ons vertrou dat die SAPD die klag deeglik sal ondersoek, aangesien dit onaanvaarbaar is dat ’n prominente figuur homself moontlik skuldig maak aan sulke gruweldade sonder ’n deeglike ondersoek. Kinderpornografie dra by tot die kinderhandelindustrie wat ’n toenemende probleem in Suid-Afrika is. Ons kan dus nie voorvalle soos dié ignoreer nie,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.