Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Nederlandse Perspektief: Tweede Wêreldoorlog – Die slag om Suid-Afrika?

deur in Blog op 09 July, 2014

Laat daar geen misverstand oor bestaan: ek is baie goed op die hoogte van die Suid-Afrikaanse troepe wat op allerlei wyses het deelgeneem aan die Tweede Wêreldoorlog. Wat my egter baie verbaas is dat nou, 70 jaar later, die oorlog pas Suid-Afrika lyk te bereik danksy die vergelyking van ‘n, myns insiens, onskuldige tradisie met iets gruwelijks as die Hitler-groet.

Besef die kritici wat sulke vergelykings maak immers dat Duitsland, wat byna 70 jaar gelede is verslaan deur die geallieerde magte deesdae in baie opsigte een van die sterkste nasies in Europa is? Besef die kritici dat, hoewel die Duitsers die oorlog verloor en die land in vier bezettingszones is verdeel, die Amerikaners en Britte die Duitse bevolking nie hulpeloos agter gelos het? Het die kritici enig idee hoe pynlik dit vir familielede van slagoffers en oorlewendes van die oorlog is om te sien dat die Hitler-groet word gebruik vir eie gewin?

Reeds in 1946 is besluit om die Britse en Amerikaanse sektore in Duitsland saam te smelt om die herstel in Duitsland te bevorder. Die sektor ontvang dan ook die sogenaamde Marshall-hulp, wat weliswaar ook aan die Russiese sektor aangebied is, maar onder druk van die Soviets daar moes word afgestamp.

Natuurlik was die gruweldade van die Nazi’s nie vergeet nie. Die prosesse van Nürnberg en die sogenaamde Persilscheins moes verseker dat Wes-Duitsland en die Duitsers gesuiwer is van die nasionale sosialisme. Oorgee moet gesê te word dat met name hierdie Persilscheins, wat na die voltooiing van ‘n vorm en ‘n gesprek met ‘n Amerikaanse Weermag offisiere is verkry, eintlik veel te maklik uitgereik is. In die Russiese sektor was aansienlik minder aandag vir hierdie suiwering. Daar was eenvoudig alle invloedryke persone, dink aan onderwysers en amptenare van justisie, vervang deur kommuniste. Op die manier verdwyn die nasionale-sosialisme eenvoudig uit beeld.

Duitsland was in 1945 erg beskadig, maar die maatskaplike infrastruktuur en organisasies was taai en het twaalf jaar nazisme en ses jaar oorlog grootliks oorleef. Sy blyk sterk genoeg om die swaar gehawende bouwsel regop te hou. Die oorlog was nog nie verby nie of die heropbou kon weer begin.

Die voormalige Duits Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) en die Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) is pas in 1990, ruim 40 jaar na die oorlog, weer herenig. Die oostelike deel, dat onder die kommunisme aansienlik armer was gebly dan die kapitalistiese weste, is die zorgenkindje van die nuwe herenigde Duitsland. Lang tyd het daar baie belastinggeld gevloei van die weste na die ooste om die lewenstandaard, infrastruktuur en industrie op dieselfde vlak as in die weste te kry.

Nou, weer 24 jaar later, kan jy stel dat die Amerikaners en Britte grootliks in hul opset sy geslaag. Duitsland is uit die as opgestaan ​​en ekonomies gesien ‘n supermoondheid binne Europa geword. Duitsland het derhalwe by feitlik elke Europese aangeleentheid ‘n groot vinger in die pap. Duitsers is in baie Europese lande graag gesiene vakansiegangers. Oorlogsherdenkingen bly deel van die lewe in Europa, maar ook daarby soek die Duitsers steeds meer dikwels die voorgrond en probeer hulle op gepaste wyse en op gepaste afstand deel uit te maak van die herdenking van ‘haar eie’ vroeëre gruweldade.

Maar goed, terug na Suid-Afrika. Daar word geskiedenis nie gebruik om lesse uit te trek vir die toekoms. Waar immers ‘n aspek uit die geskiedenis gebruik kan word vir eie gewin word dat ook seker nie nagelaat. Nou is dit die sogenaamde Hitler-groet die stof doen opwaaien. Studente van die Noordwes-Universiteit maak tydens ‘n studentegroet, wat terloops verskeie minute duur, ‘n beweging wat lyk op die Hitler-groet. Hierdie beweging skyn in die verlede gepaard te wees gegaan met die skree van die woorde ‘Heil Puk’.

Toegegee: handig is en was dit nie. Die Hitler-groet is vir baie immers ‘n pynlike herinnering aan een van die meeste donker periodes van die onlangse geskiedenis. Die vraag is egter of jy ‘n realistiese vergelyking kan maak tussen volledig oortuig aanhangers van die nazisme wat so ‘n groet maak om hul gehoorsaamheid aan hul leier te toon en studente aan ‘n universiteit wat waarskynlik uit onkunde en ‘n gevoel van ‘daarby wil hoor’ deelneem aan sulke tradisies. Die vergelyking gaan kompleet mank.

Ek vergeet egter dat ek dit oor Suid-Afrika het. Die land waar alle blankes, selfs diegene wat na 1994 gebore is, verantwoordelik gehou word vir apartheid. Die land waar die nuwe regering, deesdae blykbaar gesteun deur die media, seker probeer om te verseker dat die volledige blanke-kultuur tot niet gaan. ʼn Proses wat weinig hulpbronne word vermy. ‘n Groet wat op die eerste gesig lyk op die Hitler-groet moet immers wel beteken dat Pukke swaar oortuig nazis is. Voel jy die sarkasme ….?

Ek sou die regering en media die volgende wil oordra, nou hulle het begin aspekte van Tweede Wêreld-oorlog te misbruik vir hul eie agenda. Vergelyk die einde van die Tweede Wêreld-oorlog maar met die einde van apartheid. Leer van die benadering van die Amerikaners en Britte na die oorlog. Sien in dat die Afrikaners, seker die jong studente wat apartheid nooit ervaar het, ten spyte van al julle verwyt aan hul adres, ‘n belangrike rol kan en moet speel in die verdere opbou van die “nuwe” Suid-Afrika. Steun Afrikaner-tradisies, onderwys en kultuur, sodat Suid-Afrika op enige oomblik ook kan stel dat dit daar sterker uit gekom het. Gegewe die huidige verhoudings is die volgende aanhaling miskien goed om te onthou: ‘Keep your friends close, but your enemies closer. You never know when you might need them. “.

Groete

Guido is 24 jaar oud, woonagtig in Sittard (Nederland) en ‘n student aan die European Law School van die Universiteit van Maastricht.