Oorwinning: NWU-student se skorsing gedeeltelik opgehef
Shaun Christie, βn student aan die Noordwes-Universiteit (NWU), se tydelike skorsing is pas gedeeltelik opgehef. Christie mag weer deelneem aan akademiese verrigtinge op kampus, maar hy sal steeds nie by openbare geleenthede toegelaat word nie.
Christie het AfriForum Jeug verlede week genader om hom by te staan nadat hy op 7 Februarie tydelik geskors is na aanleiding van βn voorval waar hy na bewering openlik beswaar gemaak het teen die inhoud van βn gespreksgeleentheid tydens βn oriΓ«ntasiebyeenkoms. AfriForum Jeug het sy regspan daarom verlede Vrydag opdrag gegee om Christie in diΓ© dissiplinΓͺre proses by te staan.
Die gronde van Christie se tydelike skorsing is vandag tydens βn interne gesprek met die NWU se dissiplinΓͺre komitee bespreek. Hy is kort na afloop van diΓ© gesprek in kennis gestel dat sy tydelike skorsing gedeeltelik opgehef is. Meer as 100 studente het ook vandag op kampus deelgeneem aan βn stilleprotes om hul steun aan Christie toe te sΓͺ.
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, beskryf vandag se besluit as βn positiewe verwikkeling. βOns beskou dit verseker as βn oorwinning. Die NWU het met hierdie besluit aanspreeklikheid aanvaar vir hul aanvanklike besluit om Shaun te skors en toegang tot kampus te weier. Die verdere proses is egter steeds onduidelik aangesien daar nie enige formele dissiplinΓͺre stappe teen hom gedoen is nie. AfriForum Jeug sal hom egter enduit bystaan.β βVryheid van spraak is βn grondwetlike reg wat beskerm moet word. AfriForum Jeug staan bankvas agter Shaun wat standpunt ingeneem het vir vryheid van spraak,β sluit Peters af.

