WhatsApp Image 2025-03-24 at 12.55.50
| DeurAfriForum

Kovsies-tak slaan oorhand met prettige padel-dag

AfriForum Jeug se Kovsies-tak het op 21 Maart ’n padel-dag by Padelworx in Langenhovenpark in Bloemfontein aangebied. Die doel van die padel-dag was nie net om bewusmaking te skep onder die Universiteit van die Vrystaat se studente oor AfriForum Jeug se Kovsies-tak nie, maar ook om ’n veilige bymekaarkomplek op kampus te vestig waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en blywende vriendskappe bou.

Twintig spanne het aan die padel-kompetisie deelgeneem. Ná ure se pret en uitspele op die baan het Team Initial (FP Victor, JJ Fourie en Nicole Voster) koning gekraai en met die wenbeker weggestap. Damduikders (Anneline de Wet en Miané Smit) het met trots die tweede plek op die podium ingeneem.

“Die padel-dag was groot pret gewees. Die studente het die dag ten volle benut en geniet. Daar was selfs ’n tema (“oorsprongklik”) waarvolgens die spanne moes aantrek, wat gesorg het vir hope pret en saam lag. Ek is opgewonde vir die volgende geleenthede wat hierdie tak gaan aanbied,” sê Michaela Elbrecht, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak.