Foto-1-Takbestuur
| DeurAfriForum

AfriForum se Jeug-tak in Gqeberha verkies nuwe bestuur

AfriForum Jeug se Port Elizabeth-tak het op 19 April gedurende hul maandelikse takvergadering ’n nuwe takbestuur aangewys. Dié bestuur beloof om die tak na nuwe hoogtes te neem.

Die bestuur bestaan uit Daniélle Lotter (voorsitter), Chanel  Du Toit (ondervoorsitter), Esmé Kruger (sport en sosiaal), Shannon Herman (ontwikkeling), Elmarie Spangenberg (steun).

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bestuur en sien uit na al die nuwe projekte en aksies wat die tak vanjaar gaan aanpak,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Die tak moedig die jeug in Gqeberha aan om by AfriForum Jeug se Port Elizabeth-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak. Kontak Chanel Du Toit by 067 319 9364 of stuur ’n e-pos aan chaneldutoit23@gmail.com.