AfriForum Jeug-tak pak padveiligheid by Laerskool David Brink
Wanneer dit kom by padveiligheid, is die veiligheid van voetgangers een van die grootste uitdagings waarmee die land te kampe het. Uit die nagenoeg 12 000 sterftes wat in 2025 op die land se paaie aangeteken is, was sowat 45% daarvan boonop voetgangers. Data toon voorts dat kinders veral kwesbaar is. Dit is juis daarom dat AfriForum Jeug se Rustenburg-tak in samewerking met AfriForum se Rustenburg-buurtspan, onlangs die opknapping van βn spoedhobbel en padmerkers by Laerskool David Brink aangepak het.



Jaun Ferreira, voorsitter van diΓ© AfriForum Jeug-tak, meen diΓ© opknappingsprojek β waartydens die hobbel en parkeermerkers oorgeverf is β sal βn belangrike bydrae tot leerders en motoriste se veiligheid maak.
βKinders is ons land se toekoms en hul veiligheid moet altyd prioriteit geniet,β verduidelik hy. βDeur die paaie rondom skole te onderhou, bevorder ons die veiligheid van ons gemeenskap se jongste lede.β
Intussen hoop die tak om die opknappingswerk voort te sit en nooi daarom die gemeenskap uit om betrokke te raak om verdere projekte ter bevordering van leerders se veiligheid, moontlik te maak. Kontak Ferreira (083 620 1259) vir meer inligting oor hoe jy of jou onderneming by diΓ© projekte betrokke kan raak.

