AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo reorganiseer
Die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo het op 15 Maart gedurende hul eerste takvergadering vir die jaar gereorganiseer en βn nuwe takbestuur aangewys.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Wikus van der Walt (voorsitter), Ruben Killian (ondervoorsitter), Dian Olwage (tesourier), Lezaan du Toit (sekretaris), Christiaan Kershoff (Bo-Karoo opleidinsgverteenwoordiger), Phillip Meyer (veiligheid), Bernard Coetzee (bemarking en sosiaal), Gerrit Kleynhans (omgewingsake), Minette Botha (kultuur en toerisme) en Steven van Breda (addisionele lid).
βOns is baie opgewonde oor die nuwe bestuur en sien daarna uit om die tak na nuwe hoogtes te neem, sΓͺ Marike Labuschagne, AfriForum se distrikskoΓΆrdineerder vir die Bo-Karoo.
Luidens Wikus van der Walt, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo, is sy doelwit vir die jaar om βn veilige bymekaarkomplek vir die jongmense van Orania, skoliere, studente en jong werkendes te stig.
βDie bymekaarkomplek moet hulle die geleentheid kan bied om aan sosiale geleenthede deel te neem, om die gemeenskap te bedien en om hulself met nuwe vaardighede te kan verryk,β sΓͺ Van der Walt.
Om by die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo betrokke te raak: SMS βBo-Karooβ na 45350 (R1).



