| DeurAfriForum

AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo reorganiseer

Die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo het op 15 Maart gedurende hul eerste takvergadering vir die jaar gereorganiseer en ’n nuwe takbestuur aangewys.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Wikus van der Walt (voorsitter), Ruben Killian (ondervoorsitter), Dian Olwage (tesourier), Lezaan du Toit (sekretaris), Christiaan Kershoff (Bo-Karoo opleidinsgverteenwoordiger), Phillip Meyer (veiligheid), Bernard Coetzee (bemarking en sosiaal), Gerrit Kleynhans (omgewingsake), Minette Botha (kultuur en toerisme) en Steven van Breda (addisionele lid).

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bestuur en sien daarna uit om die tak na nuwe hoogtes te neem, sê Marike Labuschagne, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

Luidens Wikus van der Walt, voorsitter van die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo, is sy doelwit vir die jaar om ’n veilige bymekaarkomplek vir die jongmense van Orania, skoliere, studente en jong werkendes te stig.

“Die bymekaarkomplek moet hulle die geleentheid kan bied om aan sosiale geleenthede deel te neem, om die gemeenskap te bedien en om hulself met nuwe vaardighede te kan verryk,” sê Van der Walt.

Om by die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo betrokke te raak: SMS “Bo-Karoo” na 45350 (R1).