
AfriForum Jeug se Puk-tak hou suksesvolle Padel-dag in Potch
AfriForum Jeug se Puk-tak het op 2 April ’n padel-dag by die Kleinplaas Pype-padelbane in Potchefstroom aangebied. Dié dag het altesaam 22 spanne gelok en ’n hoogtepunt op die studentekalender geword.
Die doel van die dag was om ’n veilige en inklusiewe ruimte vir Potch-studente te skep waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en nuwe vriendskappe bou. Buiten die padeltoernooi is daar ook gebraai en vlugbal gespeel, wat die dag nog meer gesellig gemaak het.
Spanne het aan drie poele deelgeneem waar hulle elk drie wedstryde gespeel het. Die top drie wenspanne was Hi (Joané Prinsloo en Sandre Erasmus) in die eerste plek, Bogey Bash (Juron Maree en Gerbrand Legrange) in die tweede plek en die Piesangs (Hermanus Steyn en Delmar Smit) het derde geëindig.
AfriForum Jeug bedank graag hul borge Perfect Water Potch, Redbull en Homestead Slaghuis vir hul bydraes tot die sukses van die dag. “Baie dankie vir almal wat gespeel, ondersteun en saam kom kuier het. Ons is opgewonde oor die aksies wat nog voorlê,” sê Joané Prinsloo, beampte vir sport en sosiaal aan AfriForum Jeug se Puk-tak
Klik hier om by AfriForum Jeug aan te sluit.

