| DeurAfriForum

AfriForum Jeug se Maties-tak verkies nuwe bestuur

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 15 Augustus ’n nuwe bestuur verkies. Die tak is reeds besig om nuwe projekte van stapel te stuur om ’n gesonde studentelewe by die Universiteit Stellenbosch (US) te bevorder.

Die nuwe takbestuur bestaan uit: Lezané Ferreira (ondervoorsitter), Jolene le Roux (voorsitter), P.F. Erasmus (sosiaal), Pieter Le Roux (logistieke beplanning), Tereska Janse van Rensburg (tesourier), Gerhard Maree (bemarking) en Daniël Strüwig (sekretaris).

“Die Maties-tak is een van ons suksesvolste takke en maak ’n verskil deur ’n gesonde studentelewe aan hul mede- jong Afrikanerstudente te bied,” sê Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorp-en-kampusstrukture.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n verskil te maak. Stuur ’n e-pos aan petri.vanderwalt@afriforum.co.za, of SMS “jeug” na 32687 (R1 per SMS).