| DeurAfriForum

AfriForum Jeug se Bo-Karoo-tak hou fondsinsameling vir netbalspan

Die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo het op 25 Maart ’n sokkie vir Orania se inwoners en studente gehou om geld in te samel vir hul dorp se netbalspan. Die span bestaan uit studente en jong werkendes.

Altesaam R1 150 se toegangsgelde is ingesamel en aan die netbalklub oorhandig vir hul uitgawes aan klerasie en brandstof vir die jaar se liga. Gedurende die geleentheid het die jeug-tak ook niebederfbare voedselprodukte ingesamel vir ’n liefdadigheidsprojek wat in die komende maande in samewerking met Orania Helpmekaar loods.

“Dit is vir ons lekker om te kan pret hê en terselfdertyd ’n bydrae maak tot die gemeenskap. Ons beplan om regdeur die jaar soortgelyke projekte te hou,” sê Wikus van der Walt, voorsitter van die Bo-Karoo-tak.

Om die jongmense se stamina op die dansvloer te toets, is daar ook ’n langarm-danskompetisie gehou. Die paartjie wat die langste op die dansvloer uitgehou het, is Johan Strauss en Sonja Cronjé, wat net onder ’n uur aaneen gedans het.

Om by die AfriForum Jeug-tak in die Bo-Karoo betrokke te raak: SMS “Bo-Karoo” na 45350 (R1).