|

AfriForum Jeug nader hof oor onbillike diskwalifikasie van SR-lid op Maties

AfriForum Jeug het gister ’n dringende hofaansoek uitgereik teen die Universiteit Stellenbosch (US) by die Wes-Kaapse hooggeregshof om die diskwalifikasie van Jolene le Roux as lid van die universiteit se Studenteraad (SR) te hersien. AfriForum Jeug het in Oktober teen haar onbillike diskwalifikasie geappelleer, maar dit is verlede week Maandag (11 November) deur die studentehof van die hand gewys. Haar diskwalifikasie volg nΓ‘ ’n uitgerekte proses in wat AfriForum Jeug bestempel as ’n daadwerklike poging om Afrikaans, Afrikaanse studente en veral Afrikaanse leierskap aan diΓ© universiteit te onderdruk.

Die herrie rondom Le Roux se kandidaatskap in die SR-verkiesing het reeds in Augustus losgebars toe sy daarvan aangekla is dat sy die universiteit se verkiesingskommissiereΓ«ls oortree het. Daar is aangevoer dat Le Roux tydens die SR-verkiesingsveldtog onregverdige voordeel getrek het uit ’n sosialemediaplasing oor ’n Nasionale Vrouedagaksie wat op AfriForum Jeug se Instagram-blad gemaak is. Ten spyte daarvan dat daar geen bewyse gelewer kon word nie, het die studentehof bevind dat die plasing wel haar veldtog bevorder het. Sy is egter vroeg in September skriftelik in kennis gestel dat besluit is om die klagtes teen haar van die hand te wys, aangesien ’n besluit om haar te diskwalifiseer, ongrondwetlik sou wees. Op 5 September is aangekondig dat sy tot die SR verkies is, maar sy is kort daarna ingelig dat ’n aansoek om haar as SR-lid te diskwalifiseer, by die studentehof gemaak is. Volgens diΓ© hof se uitspraak wat op 5 Oktober gelewer is, het Le Roux Artikel 3(7)(a) van die universiteit se verkiesingsreΓ«ls oortree. AfriForum Jeug se appΓ¨l was in reaksie op diΓ© uitspraak.

β€œHierdie besluit is nie net onregverdig teenoor Le Roux nie, maar ook teenoor die studente wat haar gekies het om hul belange op die SR te verteenwoordig,” sΓͺ Yvonne Gerber, ontwikkelingsbeampte van AfriForum Jeug. β€œDie universiteit se hantering van hierdie saak dui op ’n voortgesette agenda om pro-Afrikaanse studente uit leierskapsposisies te hou en daarom moet die hooggeregshof nou ingryp in hierdie saak van onbillike diskwalifikasie,” voeg Gerber by.