IMG_3290
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug Maties-tak laat die tekkies brand

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 11 Maart saam met die Universiteit Stellenbosch se stapklub, die Berg-en-toerklub, ’n sosiale stapgeleentheid by Paradyskloof se Hangklip net buite Stellenbosch, gehou. Lede van albei organisasies het heerlik saam gekuier en gebraai.

“Een van AfriForum Jeug se doelwitte is om ’n veilige bymekaarkomplek vir die Afrikanerjeug te skep. Een manier om dit te doen is om sosiale geleenthede te hou waar jongmense vreesloos Afrikaans kan wees,” sê Nina Breytenbach, AfriForum Jeug se voorsitter vir die Maties-tak.

“Dit was ’n goeie manier om lede van beide organisasies te betrek en ook ’n bymekaarkomplek vir jongmense te skep,’’ sê Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture.

Raak vandag nog by die jeugstrukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n verskil te maak. Stuur ’n e-pos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “Jeug” na 32687 (R1 per SMS).