AfriForum Jeug leer jong skuts oor verantwoordelik jag in Moorreesburg
AfriForum Jeug van die Malmesbury-tak het die afgelope naweek in samewerking met Kaapjag βn skietdag by die Kaapjag-skietbaan in Moorreesburg aangebied. Jong skuts het hiertydens geleer oor verantwoordelike jagpraktyke, asook die belangrikheid van dissipline met wapens en die erfenis rondom die jag- en skietkultuur in Suid-Afrika.
Volgens Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoΓΆrdineerder vir die Weskus, lΓͺ die waarde van hierdie tipe opleiding in die kombinering van vaardigheidsontwikkeling, gemeenskapsamewerking en erfenisbeskerming.
βAfriForum beskou hierdie dag as méér as net βn sportgeleentheid β dit is βn belegging in ons jeug, ons erfenis en ons gemeenskappe. Wanneer jongmense leer om veilig en verantwoordelik met wapens om te gaan, ontwikkel ons nie net lewensbelangrike vaardighede nie, maar ook karakter en trots in ons kultuur.β


Jong skuts van oor die streek heen het in die .22-gongbaan-dissipline meegeding, waar veiligheid en verantwoordelike wapenhantering eerste op die agenda was. Die pryse op die spel, wat onder meer βn aantal kontantpryse ingesluit het, het gesorg dat diΓ© dag met nΓ³g meer geesdrif aangepak is. Die lang gongskiet vir deelnemers ouer as 21 jaar was βn verdere hoogtepunt.
AfriForum Jeug se Malmesbury-tak sien hierdie as die begin van βn ryk tradisie van vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsbou en nooi jongmense uit om betrokke te raak by toekomstige aktiwiteite.
Besoek sluit-aan.afriforum.co.za om by AfriForum se Malmesbury-tak betrokke te raak.

