AfriForum Jeug help om Bothaville van vullis te bevry op Vryheidsdag
Bothaville se AfriForum Jeug-tak het op 27 April saam met ander lede van die gemeenskap Bothaville se hoofstraat en van die systrate skoongemaak. Dit was deel van die gemeenskap se inisiatief om Bothaville op te knap vir NAMPO, waar die dorp duisende besoekers van regoor die land verwelkom.
Daar is vroegoggend om 08:00, bymekaargekom en die dele wat later besig sou wees, is eerste skoongemaak. Die Jeugspan was 24 mense, so daar is vinnig beweeg en daar kon dus βn groter deel as aanvanklik beplan skoongemaak word. Die hele hoofstraat is skoongemaak sowel as van die systrate, drie bakkievragte vol vullis is weggery, sowat 50 sakke is gevul.
Tydens die skoonmaakaksie het Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoΓΆrdineerder vir Mooirivier, en Henno Nel, die voorsitter van die AfriForum Jeug-tak in Bothaville, ook fotoβs van die stadsaal wat in βn haglike toestand is en βn groot waterlek, wat uit die stadsaal kom, geneem. Daar is ook twee groot waterlekke op die munisipale terrein ontdek wat ook afgeneem is. Die probleme is dadelik aan die munisipale bestuurder gerapporteer. AfriForum sal die situasie monitor.
βWat vir my uitgestaan het, is hoe bereidwillig mense is om βn handjie by te sit om ons te help vullis optel en onkruid verwyder. Daar was βn man, Samuel, wat sΓ³ ywerig was om te help dat hy die graaf uit my onderwyseres se hand geneem het en self onkruid begin uithaal het. Baie dankie aan almal wat gehelp het om ons dorp βn skoner plekΒ te maak en ook baie dankie aan al die mense en besighede wat seker gemaak het dat ons nie van die dors vergaan nie,β sΓͺ Nel.
βHierdie was βn wonderlike inisiatief van βn inwoner van Bothaville wat die dorp tussen verskillende instansies verdeel het om op te knap. Die goeie deelname wys dat mense keelvol is vir verval en weer gaan eienaarskap neem van hulle blyplek. Ek is baie trots op die plaaslike AfriForum Jeug-tak wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het,β sΓͺ Pretorius.
Die tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak. SMS βBothavilleβ na 45344 (R1) om betrokke te raak.

