AfriForum Jeug gereed vir regstappe oor vertraagde Zuma-jaarplasings vir mediese studente
AfriForum Jeug nooi afgestudeerdes in medieseberoepsrigtings – wat nie deur die staat vir hulle gemeenskapsdiensjaar (Zuma-jaar) in 2023 geplaas word nie, om die jeugorganisasie te nader. Die jeugorganisasie ontvang jaarliks noodkrete van hul jong lede oor die administratiewe gemors wat met die verpligte Zuma-jaar gepaardgaan.
Ten einde gekwalifiseerd te wees en toegelaat te word om in Suid-Afrika te praktiseer, moet gesondheidswerkers nΓ‘ die voltooiing van hulle studies of β in sommige gevalle β internskappe βn verpligte jaar van gemeenskapsdiens doen. Dit beteken dat mediese studente nΓ‘ hulle studies en twee-jaar-internskap vir alle praktiese doeleindes volwaardige gesondheidswerkers is, maar nie kan werk as hulle nie vir hul Zuma-jaar geplaas word nie, omdat hulle nie daarsonder by die gesondheidsraad kan registreer nie.
Die jeugorganisasie staan reg om die howe te nader om mediese-gegradueerdes van hul Zuma-jaar te vryskeld indien die staat versuim om hulle betyds te plaas.
βAfriForum Jeug beskou dit in βn baie ernstige lig wanneer jongmense se loopbane deur die staat se wanadministrasie gestrem word, soos wat tans met mediese-gegradueerdes gebeur wat βn verpligte gemeenskapsdiensjaar in βn staatshospitaal moet doen en nie geplaas word nie. Boonop het Suid-Afrika elke gesondheidswerker nodig, veral inaggenome die bevinding vroeΓ«r vanjaar dat daar minder as een dokter per duisend landsburgers is,β sΓͺ RenΓ© van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.
Afgestudeerdes in medieseberoepsrigtings wat as gevolg van die staat se onbevoegdheid nie geplaas word nie kan vir AfriForum Jeug by rene.vandervyver@afriforum.co.za kontak.

