uv-2-scaled
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug eis antwoorde oor studente se veiligheid by Universiteit van die Vrystaat

AfriForum Jeug het ’n brief aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gerig om duidelikheid te kry oor hoe die universiteit beplan om die veiligheid van studente te verseker ná die studenteprotes wat gister (Dinsdag 11 Februarie) op kampus uitgebreek het.

As ’n burgerregteorganisasie het AfriForum Jeug verskeie bekommerde studente se klagtes ontvang. Baie van hulle voel onveilig en het gister gesukkel om toegang tot hul klasse te kry as gevolg van die ontwrigting op kampus.

AfriForum Jeug eis antwoorde oor die volgende kwessies:

  1. Veiligheid: Watter maatreëls het die universiteit om die veiligheid van studente te verseker tydens protesaksies?
  2. Oplossings: Hoe beplan die universiteit om hierdie situasie so spoedig moontlik op te los?
  3. Ondersteuning: Op watter maniere gaan studente wat deur die protes geraak word, bystand ontvang?
  4. Voorkoming: Watter stappe gaan geneem word om te verhoed dat soortgelyke ontwrigtings in die toekoms plaasvind?

“Om te studeer verg harde werk en ’n groot verantwoordelikheid. Studente behoort nie benadeel te word deur ontwrigting wat hul akademiese tyd en toekomsbeplanning beïnvloed nie,” sê Wikus van der Walt, AfriForum Jeug se beampte vir Strukture.

AfriForum Jeug moedig studente wat onveilig voel op kampus aan om AfriForum in Bloemfontein se noodnommer vir hulp te kontak by 081 359 9949.