IMG_20221020_153735_628
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug demonstreer aan leerlinge hoe om ’n band te ruil; lig in oor gevare

Die AfriForum Jeug-tak in Hessekwa het op 20 Oktober 2022 in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Riversdal-tak ’n voertuigonderhoud-demonstrasie by die Hoërskool Langenhoven aangebied.

Louis van der Walt, voorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak, het aan ’n graad 11-klas gedemonstreer en verduidelik hoe om ’n voertuig se band om te ruil. Hy het ook gevare uitgewys waarvan jy bewus moet wees, asook die gereedskap wat jy benodig tydens die proses aangedui en die gebruik daarvan verduidelik.

“Namens die jeug wil ons vir Estea Venter en Janke Schonken bedank wat aan ons tak die geleentheid gebied het om ons jeug ingelig te hou. Ons sien uit daarna om in die toekoms meer sukksesse soos dié saam met ons skole aan te pak,” sê Lize Crous, voorsitter van AfriForum Jeug se Hessequa-tak.

Raak vandag by AfriForum Jeug in Hessekwa betrokke: SMS “Jeug” na 45265 (R1).