1095337569_45bcffd6b8_b
| DeurAfriForum

AfriForum Jeug begin met regsproses oor onregmatige verwydering van Puk KSR-lid

AfriForum Jeug het vandag ’n prokureursbrief aan dr. Sibusiso Chalufu, die uitvoerende direkteur van studentelewe van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (Puk) gestuur om te eis dat Beàtha Groenewald teruggeplaas word in haar posisie as sekretaris van die kampusstudenteraad (KSR), en dat ’n publieke verskoning vir die onregmatige verwydering uit haar posisie uitgereik word. Indien die Puk teen 24 Februarie nog versuim om dit te doen, sal Afriforum Jeug saam met Beàtha Groenewald die Hooggeregshof op ’n dringende basis nader vir ’n interdik teen die NWU.

Groenewald het opgestaan teen die  rasse-uitsluiting wat by die Puk se verwelkomingsfunksie op 11 Februarie plaasgevind het en sy is kort daarna onder verdagte omstandighede uit haar amp op die KSR verwyder.

“Beàtha Groenewald se dapperheid in die gesig van ongeregtigheid word bewonder en daarom sal AfriForum Jeug haar ondersteun en met regshulp bystaan totdat haar verwydering van die KSR teruggetrek word, die Puk om verskoning vra, en die waarheid uitkom sodat haar reputasie in ere herstel kan word,” sluit René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug, af.