Jeug-tak in Piet Retief deel komberse teen koue uit
Die AfriForum Jeug-tak in Piet Retief het in Julie ongeveer 200 komberse ingesamel. Hulle het dit op 20 Julie aan verskeie kerke in die area uitgedeel wat dit weer onder behoeftiges sal versprei.
Dit volg nadat ysige koue in die streek groot nood in die gemeenskap laat ontstaan het. Die Jeug-tak het dit raakgesien en besluit om komberse in te samel deur verskeie ondernemings in die groter Piet Retief-gemeenskap te nader om komberse te skenk.
βDie AfriForum Jeug-tak in Piet Retief bedank elke onderneming en persoon wat βn kombers geskenk het of gehelp het om komberse in te samel. Sonder julle sou hierdie inisiatief nie so βn reusesukses gewees het nie. Ons dink daaraan om die kombersinsameling βn jaarlikse instelling te maak aangesien daar elke winter mense in nood is wat dit doodeenvoudig nie kan bekostig om self warm komberse aan te skaf nie,β sΓͺ Jan Botha, AfriForum se voorsitter van die Piet Retief-tak.
βHierdie inisiatief het waarlik βn verskil in ons gemeenskap gemaak en dit is lekker om te sien wat kan gebeur wanneer mense saamwerk,β sΓͺ Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoΓΆrdineerder vir die HoΓ«veld.
Raak betrokke by die AfriForum Jeug-tak in Piet Retief en help om βn verskil te maak. Kontak Jan Botha by 079Β 715 4114.



