
AfriForum Jeug versterk paraatheid in Hessekwa met noodhulpkursus
Altesaam 11 lede van AfriForum Jeug het die afgelope naweek ’n basiese noodhulpkursus suksesvol by Thwala Training in Albertinia voltooi. Dié opleiding vorm deel van AfriForum Jeug se voortdurende verbintenis om jong leiers met praktiese lewensvaardighede toe te rus en hulle in staat te stel om doeltreffend in noodgevalle op te tree.
Die deelnemers het praktiese opleiding van gesertifiseerde instrukteurs ontvang, wat hul noodsaaklikhede geleer het soos KPR (kardiopulmonêre resussitasie), wondversorging en noodreaksieprosedures. Die kursus rus lede nie net toe met waardevolle kennis nie, maar verbeter ook hul vermoë om ’n positiewe bydrae tot hul gemeenskappe te lewer in tye van nood.
“Ons streef daarna om leiers te vorm wat ’n daadwerklike verskil maak en dit begin by opleiding soos hierdie. Deur praktiese vaardighede aan te leer, neem jeuglede verantwoordelikheid vir hul omgewing en berei hulle hulself voor om met selfvertroue op te tree wanneer dit saak maak,” sê Wikus van der Walt, jeugbeampte vir AfriForum Jeug.
Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, sê dit is juis wanneer jongmense hulself toerus met noodsaaklike vaardighede soos noodhulp, wat veerkragtige individue en weerbare gemeenskappe gebou word. “Ek is trots op hierdie groep jeuglede wat wys dat hulle ernstig is oor hul rol in die veiligheid en welsyn van ander.”
AfriForum Jeug sal aanhou om projekte van hierdie aard aan te bied en te bevorder, aangesien dit nie net die vaardighede van jongmense ontwikkel nie, maar ook hul rol as aktiewe en verantwoordelike gemeenskapslede versterk. Die sukses van hierdie noodhulpkursus in Albertinia is ’n bewys van wat moontlik is wanneer jong leiers met die regte hulpmiddels en ondersteuning toegerus word.
AfriForum Jeug spreek hul waardering uit teenoor Gerrie du Toit en sy span van Thwala Training vir hul professionele opleiding, asook teenoor die deelnemers vir hul entoesiasme en toewyding.
Raak vandag nog by AfriForum Jeug betrokke en help ons om hierdie visie te bereik. Klik hier om betrokke te raak.