F___-White-People-boodskappe-2

Wit vat vlam, maar pers word verban

Universiteitsbesture het geen benul wat konsekwentheid beteken nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe AfriForum Jeug kom nadat hulle verneem het dat studente by die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) hemde gedra het met boodskappe soos “F*** white people” daarop.

“Hoe kan die universiteit dit toelaat? Die universiteit moet onmiddellik teen hierdie studente optree en hulle skors. Met die persgesiggeval in Stellenbosch het die bestuur dadelik ingegryp en die studente geskors sonder om hul ’n kans te gun om hul saak te stel. Dit is hoog tyd dat universiteite regoor die land hulle dubbele standaarde laat vaar,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Mostert is van mening dat universiteite selektief optree wat rassisme op kampusse betref.  AfriForum Jeug sal dié onregverdigheid nie aanvaar nie en studente bystaan as daar onbillik teen hulle gediskrimineer word.

“AfriForum Jeug is tans besig om te kyk hoe ons die twee studente van Stellenbosch kan bystaan sodat hulle regte, wat die universiteit so vertrap het, te herstel.”

Sluit aan by AfriForum Jeug deur RAS na 32687 te SMS (R1).