US

Vyande van Afrikaans op US ontbloot

AfriForum Jeug het vandag ʼn veldtog begin teen sestien raadslede van die Universiteit van Stellenbosch (US) wat teen die bestaande taalbeleid van die universiteit gestem het. Die publiek word aangemoedig om aan die veldtog deel te neem deur hul ontevredenheid te kenne te gee en saam uit een mond te praat oor die raadslede se vyandigheid teenoor Afrikaans.

Dié raadslede het ondanks ʼn hofskikking en die taalbeleid van die universiteit versuim om hulle verantwoordelikhede na te kom om Afrikaans te beskerm. Diegene wat teen Afrikaans as onderrigtaal by die US gestem het, is:

·        Prof. Wim de Villiers
·        Prof. Eugene Cloete
·        Prof. Arnold Schoonwinkel
·        Prof. Nico Koopman
·        Prof. Leopoldt van Huyssteen
·        Prof. Usuf Chikte
·        Prof. Amanda Gouws
·        Prof. André van der Merwe
·        Gretchen Arangies
·        Axolile Qina (SR-voorsitter)
·        Nick Wayne (Tygerberg SR-voorsitter)
·        Prof. André Keet
·        Sindi Lingela
·        Jannie Durand
·        George Steyn
·        Prof. PW van der Walt

AfriForum Jeug het ʼn webblad geskep waar studente en oudstudente protes kan aanteken deur ’n e-pos aan die raadslede te stuur. Dit kan gedoen word deur die volgende skakel te volg: https://www.afriforum.co.za/redafrikaans/.

Die raadslede sal die volgende boodskap ontvang:

Geagte Raadslid van die Universiteit van Stellenbosch,

Ondanks ʼn hofbevel waaroor daar in die hof geskik is dat u as raadslid die toekoms van Afrikaans op die US sal beskerm, het u wetend teen die hofskikking en die erkende taalbeleid van die US gestem. Hiermee bevestig ek my teenkanting tot die raad se besluit en ʼn verlies aan vertroue in u as raadslid.