Maties-2

VSR-kandidate appelleer teen studentehofbevel

Agt AfriForum Jeug VSR-kandidate het vandag appèl ingedien teen die beslissing van die studentehof van die Universiteit van Stellenbosch (US). Dié bevel het gelas dat geen studenteraadverkiesing by die US gehou mag word voordat dié universiteit aan AfriForum se kandidate redes verskaf vir hulle diskwalifikasie uit die studenteraadverkiesing en hulle geleentheid kry om daarteen te appelleer nie.

AfriForum het Maandag die redes vir die diskwalifikasie ontvang, maar stem nie saam met die redes nie omdat dié organisasie meen dat daar ongrondwetlik en kwaadwillig teenoor dié kandidate opgetree is, terwyl ander reëls wat verbreek is nie dié tipe hofaksie ontvang het nie.

Bernard Pieters, VSR-voorsitterskandidaat, meen dat hierdie appѐlaansoek AfriForum Jeug se standpunt versterk dat die studentehof ongrondwetlik opgetree het en AfriForum Jeug geen verkiesingsreëls verbreek het nie. Bernard sê voorts dat die appѐlhof gesetel is in die regsfakulteit van die US en die dekaan van hierdie fakulteit reeds ʼn komitee aangestel het om dié saak uit die weg te ruim.