Stellenbosch_Student_March-731x489-1

TrauMATIESE besluit deur US geneem

AfriForum Jeug het vandag ʼn leë doodskis aan die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) oorhandig en daarna ʼn fakkel aangesteek as simboliese gebaar om te wys dat hoewel die bestuur probeer om Afrikaans aan dié universiteit uit te wis, dit steeds sal voortleef in die harte van die studente. Dít volg nadat die raad vanmiddag besluit het om in 2017 ʼn taalbeleid te aanvaar waarvolgens Engels die enigste primêre onderrigtaal van die universiteit sal wees.

Volgens Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-kampuskoördineerder, is e-posse van studente wat die besluit teenstaan, deur die raad geblokkeer en bestaan funksionele studenteraadstrukture nie meer aan die US nie.

“Die feit dat die visekanselier en voorsitter van die US-raad die opposisie verwyder het, die visekanselier ook die pos van die rektor beklee, daar al vir drie jaar nie ʼn studentedekaan aan die universiteit is nie en e-posse van bekommerde studente gesensor word, toon dat daar geen deursigtigheid in die besluite van die US-raad is nie,” sê Pieters.

“Met Afrikaans wat nou in die spervuur beland het, is dit nie meer lank voor alle inheemse tale in die doodskis lê nie,” sê Netanje van Niekerk, ʼn derdejaarstudent aan die US.