Transformasieverhoor loop uit op eensydigheid
AfriForum Jeug betwyfel die deursigtigheid en geloofwaardigheid van die twee dae lange verhoor van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) wat die afgelope week in Johannesburg aangebied is.
βDie rolspelers wat betrek is sluit eensydige en blatant-rassistiese organisasies soos die Higher Education Transformation Network (HETN) in. Die verhoor het geen minderheidsgroep betrek nie,β sΓͺ Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.
βDie voorbeelde wat die kommissie gebruik om hulle gevolgtrekkings te maak is die Reitz-insident, βn 2008 insident wat lank reeds afgehandel is, die verdrinking van βn eerstejaar Puk-student in 2012, waar die ondersoek gewys het dat ras of diskriminasie geen rol gespeel het nie, en die voorbeeld van die Universiteit van die Vrystaat (UVS). DiΓ© insident verwys na twee studente wat aangekla is vir aanranding, terwyl die saak nog ondersoek word en geen gevolgtrekking gemaak kan word nie, inteendeel, daar is onlangs aangedui dat die student wat aangerand is oneerlik was in sy verklaring. Verder, net twee weke na die eerste insident by die UVS is βn wit student deur βn swart student aangerand maar die kommissie kies om dit te ignoreer,β sΓͺ Maree.
Volgens die SAMRK-woordvoerder is 45% van alle klagtes rassisties van aard, maar laat gerieflikheidsonthalwe uit hoeveel van die klagtes egter gestaaf of bevestig kon word. Die SAMRK noem dat al die klagtes nie vanuit universiteite spruit nie, maar gebruik wel die persentasie om voor te hou dat die probleem op universiteitsvlak lΓͺ.
βAfriForum Jeug sal volhou om Afrikaans as onderrigtaal by universiteite te beskerm. Dit is vreemd dat die eksterne rolspelers nie βn woord opper oor die feit dat die Mafikeng Kampus tussen 97% – 99% swart is nie,β sΓͺ Maree

