HPCSA_Afr
| DeurAfriForum

Gesondheidsberoeperaad strem loopbane

AfriForum Jeug is bewus daarvan dat talle mediese gegradueerdes se loopbane vertraag word omdat die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (SARGB of HPCSA in Engels) versuim om hul registrasiesertifikate en/of praktisynsnommers uit te reik, waarsonder hulle nie hul mediese professies mag beoefen nie.

AfriForum Jeug het deur ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 vasgestel dat die HPCSA slegs 40% van aansoeke vir registrasiesertifikate en slegs 60% van aansoeke vir praktisynsnommers binne drie maande afhandel.

AfriForum Jeug beskou hierdie vertraging in ’n baie ernstige lig en wil die Raad dwing om alle uitstaande aansoeke onverwyld te verwerk.

Indien jy ’n mediese praktisyn is wat al langer as drie maande vir jou praktisynsnommer en/of -sertifikaat wag, versoek ons jou om die inligting hier onder te voltooi sodat AfriForum Jeug namens jou ’n mandamus-aansoek kan bring om die Raad te verplig om jou aansoek te verwerk.

Jou inligting sal vertroulik hanteer word en met geen derde party gedeel word nie.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Moet die HPCSA nog jou registrasiesertifikaat uitreik?
Moet die HPCSA nog jou registrasiesertifikaat uitreik?*
Moet die HPCSA nog jou praktisynsnommer uitreik?
Moet die HPCSA nog jou praktisynsnommer uitreik?*
Die datum waarop jy jou registrasieaansoek by die HPCSA ingedien het.
MM slash DD slash YYYY
Die datum waarop jy jou van praktisynsnommeraansoek by die HPCSA ingedien het
MM slash DD slash YYYY
‘n Lys van jou tersiêre kwalifikasies
'n Lys van jou tersiêre kwalifikasies*