|

Soek vir bertie

Reëls vir die Soek-vir-Bertie-kompetisie

1. Wie mag deelneem?

  • Slegs betalende ondersteuners van AfriForum Jeug kwalifiseer om aan die kompetisie deel te neem.

2. Hoe werk dit?

  • Bertie (ons geliefde gesiggie!) sal lukraak op verskeie plekke op die AfriForum Jeug-webtuiste verskyn.
  • Elke keer as jy op Bertie klik, kry jy een inskrywing om R10 000 te wen!
  • Jy kan maksimum vyf keer inskryf  – so hou jou oë oop!
  • Bertie verskyn op onvoorspelbare plekke en tye; dit kan enige bladsy wees, enige tyd.

3. Trekking en wenner

  • Die wenner van die R10 000-kontantprys word ewekansig uit al die geldige inskrywingsgekies.
  • Dié trekking vind op 6 Oktober 2025 plaas.
  • Die wenner sal gebel word en ook op sosiale media aangekondig word.
  • As die wenner nie binne sewe dae reageer nie, behou ons die reg voor om ’n nuwe wenner te trek.

4. Belangrike inligting

  • Deur aan die kompetisie deel te neem, stem jy daartoe in dat ons jou naam en beeld vir bemarkingsdoeleindes mag gebruik as jy wen.
  • Die organiseerders se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • AfriForum Jeug behou die reg voor om enige persoon te diskwalifiseer wat die reëls oortree of probeer om die stelsel te kul.

Vul die vorm hieronder in om Bertie sigbaar te maak!
Laat die Bertie-soektog begin!