1897737_780144402049460_4167376130263122634_n-e1446645891906

#ReformPuk se leier wys sy rassisme op Facebook

Die #ReformPuk-leierskap se rassisme is duidelik as mens deur plasings op leier Tsholofelo Motlogeloa se Facebook-blad blaai.  In een van die plasings skryf hy: “I hate white people with [a] passion [and] they must fucken [sic] go [back] to Europe… [I’m] sorry God”. En in ’n ander: “I hate a white man, [I’m] sorry guys they [are] bad people”. 

“Hoewel dit skokkend is, kan ek nie sê dat ons verras is nie. Ons het van die eerste dag gewaarsku dat #ReformPUK op rassisme gegrond is en dat die leierskap se uitsprake gedurig op rassisme en onverdraagsaamheid teenoor ander studente neerkom,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug gaan môre ’n formele klag oor dié plasings by die Noordwes-Universiteitbestuur, die Verteenwoordigende Studenteraad van die Puk-kampus en die Menseregtekommissie-kantoor op die Puk lê. Motlogeloa het dié inskrywings reeds in 2012 op sy Facebook-blad gemaak, en dit het tot hewige kritiek van die meeste van sy Facebook-vriende gelei.

“Dit sal interessant wees om te sien hoe die universiteitsbestuur teen Motlogeloa gaan optree. Ons eis sy dat hy die kampus belet word, omdat sy rassepolitiek en polarisering op kampus niks goeds vir die Puk inhou nie. Ons doen ook ’n beroep op die NWU-raad om #ReformPuk weens dié redes te verwerp,” het Dupper afgesluit.

AfriForum Jeug se Pukke-tak het verlede Vrydag ’n memorandum aan prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier, oorhandig om die rassistiese uitlatings van Motlogeloa onder sy aandag te bring. Hy het nog nie daarop gereageer nie.

ReformPuk leierReformPuk leier 1