Susan Strijdom-ouetehuisprojek 1 (2)

Ouetehuis ʼn groentetuin ryker danksy AfriForum Jeug

Die AfriForum Jeug-tak van die Universiteit van Pretoria (UP) het die afgelope naweek in samewerking met die Psyche-vereniging op die hoofkampus van die universiteit ’n volhoubare groentetuin by die SAVF Susan Strijdom-tehuis vir verswakte bejaardes in Colbyn begin.

Joanné le Roux, Psyche se projekleier, sê hoewel die grond bewerk en die groente geplant is, lê daar nog baie werk voor. AfriForum Jeug en Psyche sal op 10 September met fase 2 van die projek begin waartydens ʼn besproeiingstelsel geïnstalleer sal word om die onderhoud van die groentetuin te vergemaklik.

“Dit was wonderlik om op só ʼn manier in die gemeenskap terug te ploeg en om te sien hoe jongmense saamstaan om ʼn verskil in ander se lewens te maak,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug  se Tuks-koördineerder.