up

Openbare Beskermer moet intimidasie, haatspraak en geweld by UP ondersoek

AfriForum Jeug het die Openbare Beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na onder andere die intimidasie, haatspraak en geweld wat die afgelope maand by die Universiteit van Pretoria (UP) plaasgevind het.

Die OB moet aan hierdie staatsinstellings rigting gee om te verseker dat die kernwaarders in die Grondwet beskerm word. Die OB moet ook dreigemente ondersoek wat op sosialemediaplatforms teen die Universiteit, studente en werknemers gemaak is.

“Die OB is juis daar om die bepalings in ons Grondwet te beskerm – en dit verbied fisiese geweld, wat enige aanval op menswaardigheid insluit. Sodra die ondersoek voltooi is, kan sy toepaslike aanbevelings maak nie net vir die Universiteit nie, maar ook vir die wetstoepassers,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Die grondwetlike reg wat studente geniet om onderrig in veiligheid te ontvang, is deur studente ontneem wat met fisiese geweld dreig, haatspraak aanwakker en skade aan die Universiteit aanrig. Mostert meen dat daar sterk teen dié studente opgetree moet word sodat studente en werknemers veilig op kampus kan wees.

Al die partye wat hierdie versoek ingedien het, staan reg om die OB met haar ondersoek te ondersteun.

Sluit by AfriForum Jeug aan deur “Tuks” na 32687 te SMS (R1 per SMS).