NWU-bestuur ʼn hou toegedien

AfriForum Jeug verwelkom die herinstelling van Monica van Schalkwyk, studenteraadvoorsitter van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, tot die Institusionele Studenteraad.

“Dit bevestig weereens die tendens dat universiteite se topbestuur te maklik hulle mag misbruik en dat die noodsaaklike prosedures geminag word,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê. 

“Ons is dankbaar vir studente soos Monica wat opstaan teen onregmatighede, en vir alle studente wat haar ondersteun het na haar tydelike skorsing.”