Pukke

NWU-besering ’n geïsoleerde geval

AfriForum Jeug neem kennis van ’n voorval waartydens ʼn senior beampte van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus glo beseer is in ’n onderonsie met ’n groep eerstejaars. AfriForum Jeug voel baie sterk daaroor dat dié as ʼn geïsoleerde geval beskou moet word en dat die voorval nie uit verband geruk moet word nie.

“Die studenteraad van die NWU-Puk het ’n uiters suksesvolle eerstejaarsprogram met geweldige positiewe terugvoer. Indien ’n klein groepie hulle skuldig gemaak het aan enige oortreding, moet daar teen hul opgetree word, maar die res van die studente kan nie gestraf word vir hul dade nie,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug ondersteun geen vorm van geweld of menseregteskendings nie. Die jeugorganisasie ondersteun die ondersoek deur die universiteit na die voorval.