Mooi praatjies of werklike dienslewering? Gee jou burgemeester ’n punt uit tien

Gradeer jou burgermeester hier:

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*
12345678910

Die burgemeester sê Ekurhuleni sal hom ’n onderskeiding gee, maar wat sê Ekurhuleni werklik?

Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, glo dat hy in die metro se kritieke prestasiegebiede meer as 80% sou behaal.

Maar wat sê die feite?

Volgens die ouditeur-generaal se 2024/2025-verslag het Ekurhuleni ’n “Gekwalifiseerd met bedindinge”-oudituitkoms ontvang. Die verslag wys op ernstige probleme met leierskap, aanspreeklikheid en finansiële bestuur.

Onder Xhakaza se leierskap het die metro onder meer:

  • R1,83 miljard in onreëlmatige besteding aangeteken;
  • R397 miljoen in ongemagtigde besteding aangeteken;
  • R69 miljoen in vrugtelose en vermorste besteding aangeteken;
  • 25% van sy water verloor, teen ’n koste van sowat R1,268 miljard;
  • 16% van sy elektrisiteit verloor, teen ’n koste van sowat R3 miljard; en
  • R2,7 miljard se verkeersboetes afgeskryf wat nooit ingevorder is nie.

As die burgemeester glo dat hy ’n onderskeiding verdien, behoort die inwoners van Ekurhuleni ook die geleentheid te hê om sy prestasie te gradeer.

Teken hierdie petisie en gee jou gradering van die burgemeester.

Vir elke persoon wat deelneem, sal ’n e-pos aan burgemeester Xhakaza gestuur word waarin die ouditeur-generaal se bevindings uiteengesit word en waarin hy versoek word om verantwoordelikheid te aanvaar en sy pos te ontruim sodat bevoegde, etiese en verantwoordbare leierskap Ekurhuleni kan herstel.

Ekurhuleni verdien beter.

Teken die petisie – elke handtekening stuur ‘n outomatiese e-pos om sy bedanking te versoek..

8 uit 10, maar kom ons sien. Wat sê Johannesburgers?

Die burgermeerster van Johannesburg, Sello Enoch Dada Morero het onlangs in ‘n video vir homself 8 uit 10 gegee vir sy prestasie en goeie dienslewering in Johannesburg. Johannesburg kan nie bekostig dat sy burgemeester buite voeling met die werklikheid is nie. Terwyl hy homself hoog aanslaan, dra inwoners daagliks die gevolge van swak dienslewering.

Johannesburg kan nie langer swak leierskap duld nie. Daar moet nou opgetree word. AfriForum Jeug doen ’n beroep op inwoners om saam te staan en druk toe te pas totdat daar werklike aanspreeklikheid is. Gee die burgermeester van Johannesburg, Sello Enoch Dada Morero , ‘n punt uit 10 uit: